Die werklikheidsbeeld van mense word vir ‘n belangrike deel bepaal deur hulle kennis van die werklikheid

0
6

Dit beteken dus dat elke egte toename in die kennis van mense ook invloed moet hê op hulle werklikheidsbeeld. 

Zo begint de studie van

J. S. Oosthuizen, Van Plotinus tot Teilhard de Chardin. Rodopi, 1974. [books.google]

Het hoofdstuk over "Die antieke werklikheidsbeeld" eindigt zo:

Die stormagtige ontwikkeling in die moderne wetenskap het van die begin van die sewentiende eeu af allerhande veranderinge in die heersende werklikheidsbeeld van die Weste teweeg begin bring, waardeur die algemene heerskappy daarvan geleidelik aan ondergrawe is. Dit het die antieke werklikheidsbeeld egter nie verhinder om nog lank sy invloed in die Westerse denke te laat geld nie. By denkers soos byvoorbeeld Spinoza en Kant mag ons rustig stel dat die antieke werklikheidsbeeld nieteenstaande al die nuwe demente in hulle denke, nog steeds 'n dominante rol gespeel het. Dit was eers omstreeks die wisseling van die agtiende na die negentiende eeu dat die buitelyne van 'n nuwe werklikheidsbeeld duidelik sigbaar begin word het. Die opkoms en uiteindelike oorheersing van hierdie nuwe werklikheidsbeeld het egter nie tot 'n algehele verdwyning van die antieke werklikheidsbeeld gelei nie. Reste daarvan is selfs in ons eeu nog in die Westerse denke aan te wys — selfs by twintigste-eeuse denken soos Alexander, Whitehead en Teilhard, wie se denke duidelik beheers word deur 'n ander werklikheidsbeeld as die antieke. Omgekeerd moet ons hier egter daarop wys dat die werklikheidsbeeld van prakties alle toonaangewende antieke denken op hulle beurt ook weer elemente bevat het wat duidelik vreemd was aan die antieke werklikheidsbeeld. Die ontwikkelingsgedagte, wat so sentraal staan in die moderne denke, was byvoorbeeld nie geheel en al afwesig in die antieke denke nie. By Aristoteles, die Stoa en Plotinus — om maar heeltemal te swyg van natuurfilosowe soos Anaximander, by wie die moderne ewolusieteorie in 'n sekere sin reeds geantisipeer is — is diverse passasies aan te wys waarin die een of ander vorm van ontwikkeling geïmpliseer word. Hierdie "grensoorskrydinge" neem egter vir geen oomblik weg dat daar 'n grondige verskil tussen die "antieke" en die "moderne" werklikheidsbeeld bestaan en dat daar sedert die begin van die moderne era 'n duidelike omskakeling van die "antieke" na die "moderne'. werklikheidsvisie te konstateer is nie. Aan die wesenstrekke en die geskiedenis van die moderne werklikheidsbeeld sal ons later (in paragraaf 4) aandag bestee. Op hierdie stadium moet ons oorgaan tot 'n noukeurige analise van die denkbeelde van Plotinus, om van daaruit 'n nog skerper beeld van die antieke werklikheidskonsepsie te kry.”(p. 52)